Category News from the Vatican

Pope Leo on his papal visit to the Kingdom of Spain

Oudtshoorn, 6 Junie 2026 – The Spanish are giving Pope Leo XIV a grand reception in Madrid. Pope Leo is undertaking a papal visit to the Kingdom of Spain. After a welcome reception at the Royal Palace he passed through the streets of Madrid on route to Plaza de Colón.

Die Spaanse volk gee vir Pous Leo XIV ’n grootse ontvangs in Madrid. Die Pous onderneem ’n pouslike besoek aan die Koninkryk van Spanje. Ná ’n verwelkomingsgeleentheid by die Koninklike Paleis het hy deur die strate van Madrid, op pad na die Plaza de Colón, beweeg.

Read More
Pous Leo XIV se Magnifica Humanitas: Waarom dit vir Suid-Afrika saak maak

Oudtshoorn, 6 Junie 2026 – Wat sal Suid-Afrika kies: ’n Babel — indrukwekkend, doeltreffend, maar uiteindelik onmenslik — of ’n Jerusalem, ’n stad wat saam herbou word waar elke mens ’n plek aan die tafel het?

Op ’n beslissende oomblik vir Suid-Afrika én die wêreld het Pous Leo XIV sy eerste ensikliek, Magnifica Humanitas, op 25 Mei 2026 bekendgestel. Die datum was nie toevallig nie: dit was presies 135 jaar ná Rerum Novarum, die baanbrekende dokument van Leo XIII wat die Kerk se sosiale leer vir die eerste keer sistematies verwoord het. Soos Leo XIII destyds die “nuwe dinge” van die industriële era aangespreek het, so spreek Leo XIV vandag die digitale “nuwe dinge” aan — kunsmatige intelligensie en die digitale rewolusie.

Werkloosheid en waardigheid
Vir Suid-Afrika, met sy skokkende werkloosheidsyfers en ongelykhede, is die boodskap skerp: die mens is ’n doel op sigself, nie ’n middel tot wins nie. Die pous waarsku dat ’n ekonomie wat werk opoffer vir masjiene en outomatisering, ’n “groot kwaad” bewerkstellig. Hy roep op dat tegnologie die mens moet dien, nie vervang nie.

Babel teenoor Jerusalem
Die ensikliek gebruik ’n kragtige beeld: Babel — ’n toring van mag, eendersheid en trots — teenoor Jerusalem, herbou onder Nehemia, deur gedeelde verantwoordelikheid en luister. Babel simboliseer ’n digitale kolonialisme waar ’n handjievol magtige korporasies die wêreld se data besit. Jerusalem verteenwoordig ’n gemeenskap wat saam bou, met God as bron van krag. Suid-Afrika, met sy geskiedenis van koloniale wonde en apartheid, moet kies watter pad dit wil loop.

Waarheid as gemeenskaplike goed
In ’n tyd van vals nuus en digitale manipulasie beklemtoon die pous die noodsaak van ’n “ekologie van kommunikasie”. Hy roep skole en geloofsgemeenskappe op om burgers toe te rus met digitale geletterdheid en wysheid, sodat waarheid die gemeenskap kan dien.

Die kernboodskap
Uiteindelik gaan Magnifica Humanitas nie net oor KI (AI) nie, maar oor die mens self: elke persoon is geskape na die beeld van God, nie ’n datapunt of produksie-eenheid nie. Vir Suid-Afrika, met sy diversiteit en pynlike geskiedenis van ontmensliking, is hierdie visie dringend nodig. Die ensikliek roep op tot solidariteit, waardigheid en ’n ekonomie wat die armstes in die sentrum plaas.

Die keuse
Die Vierde Industriële Rewolusie wag nie vir Suid-Afrika om sy ongelykhede reg te stel nie — dit is reeds hier. Die vraag is eenvoudig maar diep: gaan ons ’n nuwe Babel bou, of ’n Jerusalem waar elke mens ’n plek het?

Vertaal en aangepas vanaf die oorspronklike artikel deur Russell Pollit SJ


SABC Religious and SACBC Unite in Support of Bafana Bafana

Oudtshoorn, 21 May 2026 – As Bafana Bafana travel to Mexico for the 2026 FIFA World Cup, Stephen, Cardinal Brislin, President of the Southern African Catholic Bishops’ Conference (SACBC), shared a special message of encouragement and prayer for the national team.

Terwyl Bafana Bafana na Meksiko reis vir die 2026 FIFA Wêreldbeker, het Stephen, Kardinaal Brislin, President van die Suid-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie (SACBC), ’n spesiale boodskap van bemoediging en gebed an die nasionale span gestuur.


Listen to ‘Magnifica Humanitas’ in 7 chapters

Oudtshoorn, 2 June 2026 – The English editorial team of Vatican Radio – Vatican News has prepared an audiobook of Pope Leo XIV’s encyclical “Magnifica humanitas” divided into seven audio files which you can listen to by following this link.

Die Engelse redaksiespan van Vatikaanradio – Vatikaannuus het ’n audioboek van Pous Leo XIV se ensiëkliek Magnifica humanitas voorberei, verdeel in sewe klanklêers wat jy kan beluister deur hierdie skakel te volg.


Pray with Pope Leo

Oudtshoorn, 1 June 2026 – Pope Leo XIV invites people of good will around the world to join him for in praying for a specific intention every month. Below is the his prayer intention for June 2026.

Pous Leo XIV Pous Leo XIV nooi mense van goeie wil regoor die wêreld uit om elke maand saam met hom vir ’n spesifieke bedoeling of intensie te bid. Hieronder volg sy gebedsbedoeling vir Junie 2026.

UPapa uLeo XIV umema abantu abanentando elungileyo kwihlabathi liphela ukuba bamanyane naye ekuthandazeni ngenjongo ethile rhoqo ngenyanga. Nantsi injongo yakhe yomthandazo kaJuni 2026.

Read More
Key ‘Magnifica Humanitas’ themes in focus

Oudtshoorn, 29 May 2026 – The Vatican Dicastery for Promoting Integral Human Development has shared the following beautiful and helpful infographics highlighting the key themes of Pope Leo’s first encyclical, Magnifica Humanitas.

Die Vatikaan se Dikasterie vir die Bevordering van Integrale Menslike Ontwikkeling het die volgende pragtige en nuttige infografieke, wat die kern-temas van Pous Leo se eerste ensiëkliek, Magnifica Humanitas, uitlig, gedeel. Afrikaanse weergawes sal binnekort op AFRIKAANSKATOLIEK se kanale beskikbaar gestel word.

Read More