Katolieke Vrouebond | Catholic Women’s League

Oudtshoorn, 9 Februarie 2026 – Op Saterdag, 7 Februarie het die Bisdomlike Katolieke Vrouebond Presidente-vergadering by St Maria Goretti in Worcester (Westerlike Dekenaat) plaasgevind. Die vergadering bring die Presidente van elke tak, vergesel van óf die Vise-Presidente óf die Sekretaresse van elke tak bymekaar kom om sake in verband met die Bisdomlike werksaamhede van die Bond te bespreek. Die teenwoordige takke was:

1 St Anne, Blanco, George
2 St Blaize, Mosselbaai
3 St Konrad, Dysselsdorp
4 St Mary, Queen of the Apostles, Rosemoore, George
5 St Niklaas van Flűe, Oudtshoorn
6 St Thérèse  van Lisieux, Hornlee, Knysna
7 St Vincent Pallotti, Pacaltsdorp, George

Read More
Katolieke Vrouebond reeds 50 jaar lank in ons Bisdom aanwesig

Oudtshoorn, 18 August 2025: Die Bisdomlike Katolieke Vrouebond, tans in die hande van die St Konrad van Parzham tak in Dysselsdorp het ‘n geestelike en genotvolle Feesnaweek aanmekaar geflans.

Die feesviering het op Saterdagoggend by die Oratorium saam met die Bisdomlike KVB-kapelaan, vr Leon Mostert CO met aanbidding en gebed begin, waarna ‘n gedenkboom op die terrein geplant is.

CATHOLIC WOMEN’S LEAGUE – 50 SERVICE YEARS

Read More
Die Katolieke Vrouebondbestuur reik uit

Oudtshoorn, 31 Julie 2024 – Lede van die UItvoerendebestuur van die Katolieke Vrouebond – Oudtshoorn – Catholic Women’s League het St Thérèse van Lisieux Katolieke Kerk – Knysna, Hornlee – Bisdom Oudtshoorn die afgelope Sondag besoek om oor die Vrouebond, hul werk, spiritualiteit en plek in ‘n plaaslike gemeenskap te gesels.

Die Vrouebondtak te St Thérèse het ongelukkig ‘n stille dood gesterf en die dames is uitgenooi om te bid en te dink of daar nie ruimte vir ‘n herlewing van ‘n plaaslike tak in die gemeenskap bestaan nie.


Katolieke Vrouebond | Catholic Women’s League

Oudtshoorn, 15 Augustus 2023 – Op Sondag, 13 Augustus 2023, het die jaarlikse besinningsdag van ons bisdom se Katolieke Vrouebond by St. Blaize in Mosselbaai plaasgevind. Dit is aangebied deur die bisdomlike kapelaan vir die Vrouebond, Vr. Leon Mostert C.O. en meer as vyftig vroue van oor die hele bisdom het dit bygewoon. Die tema was ‘Vergifnis en Respek’.  Die St. Blaize-tak het ‘n heerlike ete voorsien en ons was ook bevoorreg om ons oudste lid, ant Frieda Flemmer van St. Mary’s, wat vanjaar 90 geword het, by ons te hê. 

Oudtshoorn, 15 August 2023 – The annual Day of Recollection for our diocesan CWL took place on Sunday, 13 August 2023, at St. Blaize parish in Mossel Bay. It was presented by the diocesan chaplain for the CWL, Fr. Leon Mostert C.O. and more than fifty women from all over the diocese attended. The theme was ‘Forgiveness and Respect’. The St. Blaize branch provided a lovely lunch and we were privileged to have our oldest member with us, aunt Friede Flemmer from St. Mary’s, who turned 90 this year.

Katolieke Vrouebond | Catholic Women’s League

Oudtshoorn, 24 April 2023 – ‘n Werkswinkel oor die Handboek en Konstitusies van die Katolieke Vrouebond is op Saterdag, 22 April by St.Niklaas in Bridgton, Oudtshoorn, aangebied. Dit is goed bygewoon deur 38 lede van nege verskillende takke en die bisdomlike kapelaan, Vr. Leon Mostert C.O., was die fasiliteerder. Almal is goed onthaal deur die gasvrouens van St. Niklaas.

A workshop on the Handbook and Constitutions of the Catholic Women’s League was held at St. Niklaas in Bridgton, Oudtshoorn on Saturday, 22 April. It was well attended by 38 members from nine different branches and facilitated by the diocesan chaplain, Fr. Leon Mostert C.O. Everyone was well looked after by our hosts from St. Niklaas.